News & Industry Articles

Hoeveel water het jou 
varke nodig?

Posted by:

Water is die goedkoopste voe-dingstof en daarom is dit belang-rik dat boere seker maak dat varke altyd voldoende en maklike toegang tot water het. Varke kan byvoorbeeld al hulle vet en die helfte van hulle proteïenmassa verloor en steeds oorleef. As varke egter slegs een tiende van hulle watermassa verloor, kan dit hulle dood veroorsaak.
Volgens dr Pieter Grimbeek, ‘n varkveearts van Potchefstroom, by die byeenkoms. Hy het gesê dat daar nie baie goeie navorsing oor varke se waterbehoeftes beskikbaar is nie en dat navorsingsresultate soms teenstrydig is. “Dit is duidelik dat die waterbehoeftes in verskillende stadia van ‘n vark se lewensiklus verskil. Navorsing toon dat varke die volgende hoeveelheid water per dag in elke ontwikkelingstadium inneem:

Jong varke <30kg: 2.8 liter/dag
Groeivarke <110kg: 8-12 liter/dag
Swaar groeivarke < 110 kg: 12-20 liter/dag
Lakterende sôe en bere: tussen 15 en 35 liter/dag
Dragtige sôe: 15-25 liter/dag
Jong soggies: 12 liter + per dag

Volgens dr Grimbeek hang die hoeveelheid water wat ‘n vark per dag inneem af van faktore soos die omge-wingstemperatuur, hulle dieet, behuising, stresfaktore in die omgewing en die fre-kwensie waarmee hulle water ontvang.  “As varke siek is, drink hulle minder water, maar as hulle proteïenvlakke toeneem drink hulle meer. Die hoeveelheid sout of kalium in die dieet beïnvloed ook die hoeveelheid water wat hulle drink.

“Wanneer varke nie genoeg water kry nie, hou hulle eenvoudig op met drink. As watervoorsiening swak is weens byvoorbeeld verkalkte pype, is hulle prestasie ook swak. Waar die drinkplek in die hok is en hoe hoog dit geïnstalleer is, is verder faktore wat waterinname beïnvloed. Boere moet dus alles moontlik doen om te verseker dat varke genoeg water kry deur die krag van die watertoevoer gereeld na te gaan,” sê dr Grimbeek.

Comments are closed.